Saam met hulle familie word u hartlik uitgenooi na die huwelik van

Pieter & Bennie

Twee harte, een belofte,
een liefde wat rustig en seker gegroei het.
Kom vier saam met ons
die dag waarop Pieter en Bennie hul liefde saambind.

Ons Liefdesverhaal

Party liefdesverhale begin stil,
met ’n glimlag, ’n kyk, ’n gewone dag.
En dan, sonder groot aankondiging,
word twee lewens stadig een pad.

Pieter Bornman

Met ’n warm hart en ’n sagte glimlag
stap Pieter hierdie nuwe hoofstuk binne.
Nie alleen nie, maar hand aan hand
met die man wat sy hart gekies het.

Bennie

Bennie Burger

Bennie bring liefde, lag en sekerheid,
die soort teenwoordigheid wat ’n huis laat voel soos tuis.
Saam met Pieter bou hy aan ’n lewe
waar liefde die begin en die belofte is.

Ons Trou!

Pieter en Bennie het mekaar gevind
op ’n manier wat net die hart kan verstaan.
Hulle het gelag, gegroei, liefgekry,
en besluit: hierdie liefde laat ons nie gaan nie.

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Saterdag, 12 September 2026 om 15:30
Memory Fields, Plaas Smitshof, Jacobsdal
Semiformeel | Kontant Kroeg

Die grootste geskenk is om hierdie dag saam met ons familie en vriende te kan vier.
Indien u tog graag iets wil gee, sal ’n kontantbydrae baie waardeer word terwyl ons saam aan ons nuwe hoofstuk bou.

Mooi Oomblikke

Elke foto vertel ’n klein stukkie van hul verhaal —
die lag, die kyk, die hand wat vashou,
die liefde wat nie hard hoef te praat nie,
want dit wys vanself.

Een het gevra, een het met ’n vol hart ‘ja’ gesê. En in daardie eenvoudige oomblik het ’n nuwe hoofstuk begin.

Die Trouplek

Onder die oop lug van Memory Fields,
tussen veld, plaasgrond en mooi herinneringe,
sal Pieter en Bennie hul liefde saambind
op Saterdag, 12 September 2026 om 15:30.

Waar kan gaste oornag?

Vir gaste wat van ver af kom,
is daar verskeie akkommodasie-opsies beskikbaar.
Bespreek asseblief vroegtydig
sodat u die naweek rustig saam met ons kan geniet.

Kosmos Gastehuis

Kosmos Gastehuis

Kosmos Gastehuis is in Kimberley geleë en is ’n goeie opsie vir gaste wat verkies om in die dorp te bly.

De Kalk

De Kalk Gasteplaas

De Kalk Gasteplaas is ongeveer 8 km vanaf Memory Fields en is een van die naaste verblyfopsies.

Pieter & Bennie (4)

Klipdrift Safaris

Klipdrift Safaris is ongeveer 11 km vanaf Memory Fields en is ideaal vir gaste wat naby die venue wil bly.

Pieter & Bennie (5)

Kanimo natuurresevaat

Kanimo Natuurreservaat is ongeveer 7 km vanaf Memory Fields en is een van die naaste opsies aan die trouvenue.

Pieter & Bennie (6)

Kandirri Game Lodge

Kandirri Game Lodge is ongeveer 25 km vanaf Memory Fields op die N8 in die rigting van Bloemfontein.

Pieter & Bennie (7)

Du'Villa Bed and Breakfast

Du’Villa Bed and Breakfast is ongeveer 25 km vanaf Memory Fields en is in Jacobsdal geleë.

Gaste is welkom om ook ander verblyfopsies
in en rondom Jacobsdal of Kimberley te oorweeg.

U is genooi

Ons sal dit baie waardeer
as u teen Vrydag, 26 Junie 2026 kan laat weet
of u hierdie spesiale dag saam met Pieter en Bennie
sal kom vier.

Vir enige RSVP-navrae, kontak gerus:
ben@acckby.co.za of pbornman72@gmail.com

Saterdag, 12 September 2026 om 15:30
Memory Fields, Plaas Smitshof, Jacobsdal
Semiformeel | Kontant Kroeg